Skip to content

Kazakstan: Christene staar toenemende druk en beperkings in die gesig

Christene in Kazakstan staar toenemende beperkings, boetes en vervolging in die gesig as gevolg van ʼn wet op godsdiens wat in 2011 in werking getree het.

Nikolai Levin, van die Akmola-streek in Kazakstan, is nog ʼn boete opgelê omdat hy weier om ʼn vorige boete te betaal vir die leiding van sy gemeente, het Forum 18 geleer. Hy is reeds, saam met baie van sy mede-Baptiste, op ʼn swartlys geplaas wat verhoed dat hy buite die land mag reis, en daar is ʼn interdik teen die huis waar sy kerk byeenkom.

Twee Protestante uit Atyrau is ook vervolg omdat hulle “die proses vir godsdienstige byeenkomte oortree het,” nadat hulle saam met ander lidmate tee gedrink het na ʼn Sondagdiens.
Onder Kazakstan se beperkende Geloofswet van 2011, mag burgers en buitelanders woonagtig in Kazakstan nie hul geloof met ander deel sonder toestemming van die staat af nie. Diegene wat hierdie wet oortree kan beboet word vir onwettige “sendingwerk” – en as hulle is buitelanders, kan hulle ook gedeporteer word.

Bid vir die Christene in Kazakstan. Die bogenoemde voorvalle dui op ʼn verslegtende situasie vir hulle.

Back To Top
Soek