Onlangse nuus
34Tunisië
Christene in Tunisië staar vyandigheid van die gemeenskap in die gesig en die meeste Christene aanbid dus in privaatheid. Die bekeerlinge vanaf Islam wie se nuwe geloof ontdek word, word deur hul families gesien as mense wat hul families in die skande steek. Hulle ervaar soms verwerping deur, en dreigemente van, hul families en gemeenskappe.
Daar is ook Christene wat in Tunisië bly wat uit ander lande kom, veral lande in sub-Sahara Afrika. Hierdie gelowiges word meestal uitgelos, solank hulle nie hul geloof met die Moslems in Tunisië deel nie. Politieke retoriek oor migrante het egter sulke strawwe rasgebaseerde mishandeling veroorsaak dat baie landuit gevlug het.
Om as ʼn Christen bekend te staan, beïnvloed ʼn Tunisiër se reputasie, werksekuriteit en kan in ernstige gevalle daartoe lei dat hul Moslem-families en gemeenskappe hulle volkome verwerp of mishandel. Die owerhede hou kerkbyeenkomste dop, maar ondanks die vervolging groei die Kerk in Noord-Afrika steeds.
Ontmoet Aizah
“Ek vertrou dat God met ons sal wees terwyl ons meer swaarkry in die gesig staar. Ons is veerkragtig omdat ons weet wie ons Verlosser is. Ek is ook verheug omdat meer struikelblokke jongmense dwing om na Hom toe te kom.”
Aizah (naam verander) van Noord-Afrika, wat vanuit ʼn Moslem-agtergrond kom.
Wat doen Geopende Deure om te help?
Geopende Deure werk saam met plaaslike vennote en kerke in Noord-Afrika om leierskap- en dissipelskapopleiding, regshulp, traumaberading, lewensbestaanondersteuning, Bybels en pastorale sorg te voorsien.
Bid asseblief
- Bid dat bekeerlinge vanuit Islam teen mishandeling en verwerping beskerm sal word.
- Vra God om Tunisiese Christene wat verbied word om in die openbaar te aanbid, te help.
- Bid dat God Christen-gemeenskappe sal lei sodat hulle mekaar sal help om in hul geloof te groei.