32Oman
Hoewel die meeste inwoners van Oman ʼn matige konserwatiewe vorm van Islam beoefen, is daar weens ʼn sterk stammentaliteit byna geen verdraagsaamheid vir familielede wat hulle tot die Christendom bekeer nie. Omaanse burgers wat tot bekering kom, word deur hul familie en die samelewing onder druk geplaas om hul Christelike geloof prys te gee. Hulle kan uit hul gesinswoning verband word, hul werk verloor en probleme oor kindertoesig en erfporsies ondervind. Daarom hou baie van hulle hul geloof geheim.
Die gemeenskappe met Christen-immigrante word geduld, mits hulle nie hul geloof met Moslems deel nie. Hulle fasiliteite is egter beperk. Christelike byeenkomste word dopgehou om enige politieke stellings aan te teken en om te bepaal of Omaanse burgers dit bywoon.
Alle godsdienstige organisasies moet by die owerhede geregistreer wees. Moslem-immigrante wat hulle tot die Christendom bekeer, ervaar soortgelyke druk aan die druk in hul tuislande, aangesien hulle dikwels binne hul eie nasionale of etniese gemeenskappe woon.
Ontmoet Yacoub
“My vrou het my uit ons huis gegooi omdat sy nie wou hê ek moet oor Jesus praat nie.”
Yacoub (naam verander), ʼn man van die Arabiese Skiereiland wat Jesus deur ʼn reeks drome ontmoet het.
Wat doen Geopende Deure om te help?
Geopende Deure ondersteun die Liggaam van Christus op die Arabiese Skiereiland deur gebede te organiseer, Skrif-hulpbronne te versprei en gelowiges en pastore op te lei.
Bid asseblief
- Bid dat God die kerkgemeenskappe sal beskerm.
- Vra God vir wysheid en vrymoedigheid vir gelowige immigrante om hul geloof uit te leef.
- Bid vir Geopende Deure-vennote in die Arabiese Skiereiland om die lig van Christus te laat skyn.