Skip to content
Streek Asië
Christelike bevolking 406 000 (10.1%)
Meederheidsgeloof Islam
Vernaamste bedreigings • Diktatoriale paranoia
• Islamitiese onderdrukking
• Stamonderdrukking

Totale telling

73%

Druk

82.5%

Geweld

26.6%

Onlangse nuus

Elke R150

wat maandeliks gegee word, kan aan die dringendste behoeftes van gelowiges wêreldwyd voldoen.

25Oesbekistan

Oesbekistan word deur ʼn outoritêre regering beheer wat die bevolking, veral godsdienstige groepe, streng dophou. ʼn Kenner vertel die volgende oor ʼn spesifieke deel van Oesbekistan: “Elke pastoor en sy gesin is deur ongeveer 30 mense ondervra. Hulle het basies elke tree van hierdie mense dopgehou.”

Die historiese Russies-Ortodokse kerke ervaar die minste vervolging van die regering, maar hulle word nie toegelaat om hul geloof met die res van die Oesbekiese bevolking te deel nie. Alle ander Christelike gemeenskappe staar een of ander soort monitering en druk in die gesig. Kerke wat nie deur die staat goedgekeur en geregistreer is nie, word dikwels deur die polisie oorval. Mense word vir onwettige vergaderings gearresteer, gedreig en beboet.

Die oorgrote meerderheid mense in Oesbekistan is Moslems. Nuwe Christen-gelowiges vanuit Moslem-families word die swaarste vervolg, beide deur die staat en hul eie gesinne en gemeenskappe. Om Islam te verlaat, bring groot skande oor die familie en word as verraad beskou. Hierdie nuwe gelowiges kan gedreig, toegesluit, in egskeiding ingedwing, verwerp of fisies mishandel word.

Ontmoet vir Anara

“Toe my man my Bybel kry, het hy my ure lank aangerand. Hy het my gesig, hande en bene geslaan en geskop terwyl hy vir my onvanpaste name geskreeu het en gesê het dat ek hom en die ware god verraai het. Hy het gesê dat hy vir my en die kinders voorsien en dat net hy die reg het om te besluit in watter god ek moet glo. In my hart het ek geweet ek ly nie verniet nie. Ek ly vir die Naam van Jesus Christus.”

Anara (naam verander), ʼn vrou in Sentraal-Asië wat ʼn gelowige geword het vanuit ʼn Moslem-agtergrond. Sy was ʼn geheime gelowige, maar haar man het dit eendag uitgevind en sy is gedwing om te vlug. Kerklidmate het vir haar ʼn veilige plek gevind om saam met haar kinders te huur.

Wat doen Geopende Deure om te help?

Geopende Deure versterk die Kerk in Sentraal-Asië deur onder andere die volgende hulp te verskaf: Noodleniging, Bybels, bedieningsopleiding, gebedsondersteuning, beroepsopleiding, mikrolenings vir besighede en projekte soos rehabilitasiesentrums.

Bid asseblief

  • Vra God om Christene en kerke wat deur die regering geteiken word, te help om te volhard en getuies van Christus se liefde te wees.
  • Bid dat ongeregistreerde kerke nie deur die owerhede geteiken of geteister sal word nie.
  • Vra God om bekeerlinge vanuit Islam, wat druk van hul gesinne en gemeenskappe ervaar, te verseker van sy nabyheid.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • This field is hidden when viewing the form
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek