Skip to content
Streek Asië
Christelike bevolking 400 000 (1.5%)
Meederheidsgeloof Agnostisisme
Vernaamste bedreigings • Diktatoriale paranoia
• Kommunistiese en post-kommunistiese onderdrukking

Totale telling

98%

Druk

100%

Geweld

86.5%

Onlangse nuus

Elke R150

wat maandeliks gegee word, kan aan die dringendste behoeftes van gelowiges wêreldwyd voldoen.

1Noord-Korea

Indien jou Christelike geloof in Noord-Korea ontdek word, kan jy dadelik doodgemaak word. As jy nie doodgemaak word nie, sal jy na ʼn arbeiderskamp gestuur word waar jy soos ʼn politieke misdadiger behandel sal word. Jy sal met jare se harde arbeid gestraf word, wat min mense oorleef. Verder is dit baie moontlik dat die Noord-Koreaanse owerhede jou uitgebreide familie sal opspoor en hulle ook sal straf, al is jou familie nie eers Christene nie.

Om enige ander godheid buiten die Kim-familie te erken, word deur die land se leierskap as ʼn bedreiging beskou. “Anti-reaksionêre denkwette” is in Desember 2020 ingestel. Hierdie wette maak dit selfs nog duideliker dat dit ʼn ernstige oortreding is om ʼn Christen te wees of ʼn Bybel te besit, en só ʼn oortreding sal swaar gestraf word.

Selfs Noord-Koreaanse burgers wat landuit gevlug het, is nie veilig nie. Vlugtelinge in ander lande, veral China, loop die risiko om gevange geneem te word en teruggestuur te word om onmenslike strawwe te verduur. Chinese spioene werk saam met die Noord-Koreaanse owerhede om vlugtelinge terug te bring, insluitende Christene. As dit bekend word dat ʼn Noord-Koreaan ʼn Christen geword het, die Evangelie gehoor het of in kontak met Christene gekom het, sal hulle swaar gestraf word.

Ontmoet Joo Min

“Ek besef wat die risiko’s is. As ek gevang word, kan ek in ʼn arbeiderskamp opeindig, waar ek ʼn duur prys sal betaal omdat ek nou ʼn Christen is.”

Joo Min (naam verander), ʼn gelowige in Noord-Korea.

Wat doen Geopende Deure om te help?

Geopende Deure se geheime werkers help sowat 100 000 Noord-Koreaanse gelowiges deur geheime netwerke buite die land en verskaf noodsaaklike voedsel, hulp, skuiling en dissipelskapopleiding aan Noord-Koreaanse vlugtelinge by skuilhuise in China. Opleiding deur radio-uitsendings van buite die land is ook op hierdie wyse beskikbaar.

Bid asseblief

  • Bid dat Christene binne en buite Noord-Korea God se lig te midde van die donkerte sal sien.
  • Bid dat God uitkoms aan die 400 000 geheime gelowiges sal gee sodat hulle saam met ander Christene kan aanbid.
  • Bid dat God sy vrede aan hierdie dapper gelowiges sal gee.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • This field is hidden when viewing the form
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek