• Etnies-godsdienstige vyandigheid
• Godsdienstige nasionalisme
• Diktatoriale paranoia
• Georganiseerde korrupsie en misdaad
Onlangse nuus
Getuienis: “Julle vra altyd hoe dit met ons gaan”
Wonde van vervolging wat genees
7Nigerië
Jihadistiese geweld in Nigerië neem steeds toe en Christene ervaar spesifiek die risiko om met aanvalle deur Islamitiese militante groepe geteiken te word, insluitende die Fulani-militante, Boko Haram en die Islamitiese Staat in die Wes-Afrika Provinsie (ISWAP).
Christene was vroeër slegs kwesbaar in die noordelike state, waar die meerderheid mense Moslems is. Hierdie geweld het egter versprei tot in die middelste streek en selfs verder suid. Die aanvalle is skokkend brutaal. Baie gelowiges, veral mans, word doodgemaak terwyl die vrouens dikwels ontvoer word en seksuele geweld in die gesig staar.
Meer gelowiges word weens hulle geloof doodgemaak in Nigerië as op enige ander plek in die wêreld. Die militante groepe verwoes kerke, asook gelowiges se huise en daarmee saam alles waarmee hulle ʼn bestaan maak. Meer as 16,2 miljoen Christene in sub-Sahara Afrika, met Nigerië se hoë syfers ingesluit, is deur geweld en konflik uit hul huise verdryf. Miljoene mense bly nou in vlugtelingkampe.
Ontmoet Salamatu
“Die meeste van ons wil nie terugkeer na ons huise toe nie. Boko Haram dreig om ons dood te maak indien ons sou terugkeer.”
Salamatu
Wat doen Geopende Deure om te help?
Geopende Deure werk deur plaaslike kerkvennote om Christene in Nigerië met dissipelskap- en vervolgingsvoorbereidsopleiding, traumasorg, noodleniging en ekonomiese bemagtigingsprojekte te bereik.
Bid asseblief
- Bid vir vertroosting vir die Christene wie se geliefdes doodgemaak of ontvoer is.
- Bid dat God die Nigeriese leiers se harte sal verander sodat hulle Christen-burgers en -gemeenskappe sal beskerm.
- Bid vir die miljoene Christene en ander mense wat deur geweld ontwortel is.