Skip to content
Streek Asië
Christelike bevolking 5 031 000 (25.4%)
Meederheidsgeloof Islam
Vernaamste bedreigings • Diktatoriale paranoia

Totale telling

68%

Druk

77%

Geweld

25.5%

Onlangse nuus

Elke R150

wat maandeliks gegee word, kan aan die dringendste behoeftes van gelowiges wêreldwyd voldoen.

38Kasakstan

Godsdiensvryheid in Kasakstan word hewig beperk deur die land se Godsdienswet, wat in 2011 in werking getree het. Die regering versterk voortdurend sy beheer oor die gemeenskap, wat lei tot toenemende monitering, klopjagte tydens byeenkomste en inhegtenisnemings. Hulle gebruik die verskoning van Islam-militante se bedreiging om hierdie beperkings te regverdig.

Russiese Ortodokse kerke staar minder kwessies in die gesig omdat hulle tipies nie met die plaaslike bevolking meng nie. Plaaslike Christene vanuit ʼn Moslem-agtergrond ly die meeste daaronder. Hulle ervaar vervolging van beide die staat en hul eie families, vriende en gemeenskappe. Plaaslike imams preek ook teen hulle, wat hierdie bekeerlinge verder isoleer.

Ontmoet Zaida

“My seun dreig my deur te sê dat hy my nie gaan begrawe wanneer ek doodgaan nie, maar my liggaam net êrens gaan los. Hy sê verder dat niemand van my familie of bure hom daaroor sal veroordeel nie, omdat ek my geloof verraai het.”

Zaida (naam verander), ʼn Christen van Sentraal-Asië.

Wat doen Geopende Deure om te help?

Geopende Deure versterk vervolgde Christene in Sentraal-Asië met die verskaffing van Bybels en Christelike literatuur, Bybelse en beroepsopleiding, sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte en kinder-, jeug- en vrouebedienings.

Bid asseblief

  • Bid vir die beskerming van die Christene wat deur die oortreding van Kasakstan se Godsdienswet geteiken word.
  • Bid dat God die kerkleiers, wat gedurig deur die regering dopgehou word, sal beskerm.
  • Bid dat God se Woord elke gelowige in die land sal bereik, ten spyte daarvan dat hul toegang tot die Woord beperk word.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • This field is hidden when viewing the form
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek