• Diktatoriale paranoia
Onlangse nuus
Nog ‘n kerk in Algerië gesluit
Twee kerke in Algerië heropen
19Algerië
Die skerp toename in druk op die Algeriese Protestantse Kerk deur die regering het tot in 2024 voortgeduur. In 2023 is byna al Algerië se Protestantse kerke beveel om te sluit. Alle oorblywende is in 2024 gesluit of gedwing om gereelde eredienste te staak. Dit dryf Protestantse gelowiges na geheimhouding.
Die land het wette wat alle nie-Moslem-aanbidding reguleer. Dit sluit wetlike beperkings in teen enigiets wat daartoe lei dat “ʼn Moslem in sy geloof twyfel” of enigiets wat gebruik word as ʼn “manier van verleiding wat ten doel het om ʼn Moslem na ʼn ander geloof te bekeer”.
Godsdiensvryheidskendings in Algerië word verder aangehits deur familie- en gemeenskapslede, radikale Islamitiese leraars en staatsamptenare wat die sienings van daardie leraars aanvaar. Algeriese Christene, meestal bekeerlinge vanuit Islam, loop die risiko van teenstand vanaf nabye familielede en hul uitgebreide familie. Die druk en gevaar wat Christene in die oë staar, is veral groot in Arabiese, landelike en godsdienstig konserwatiewe dele van die land.
Ontmoet Naasima
“Ons glo dat God heeltyd goed is. Hy het ons nog nooit verlaat nie, en ons lyding is vir Hom baie kosbaar. Ons glo dat Hy uitkoms sal gee wanneer dit lyk of daar geen uitkoms is nie.”
Naasima (naam verander), ʼn gelowige in Noord-Afrika.
Wat doen Geopende Deure om te help?
Geopende Deure werk saam met plaaslike vennote en kerke in Noord-Afrika om leierskapsopleiding, dissipelskap, lewensbestaanondersteuning, Bybels en pastorale sorg te voorsien.
Bid asseblief
- Bid dat God die kerke in Algerië wat deur die regering gesluit is, sal heropen.
- Vra God om aan sy mense wysheid, vrymoedigheid en beskerming te gee wanneer hulle hul geloof deel.
- Bid dat elke gelowige in Algerië in staat sal wees om ʼn Christelike gemeenskap vir ondersteuning te vind.