47Kirgistan
Die plaaslike owerhede in Kirgistan het beduidende mag en neig daartoe om onder die invloed van die plaaslike Moslem-gemeenskap te wees. Dit het ernstige gevolge, veral vir Christen-bekeerlinge.
Die Russiese Ortodokse kerke ervaar die minste probleme van die regering af omdat hulle gewoonlik nie probeer om die Kirgiese bevolking te evangeliseer nie. Geloofsgemeenskappe wat wel na ander uitreik om die Evangelie te deel, kan onder druk geplaas en selfs aangeval word.
Plaaslike Christene wat vanuit Islam tot bekering gekom het, ervaar die ergste vervolging. Sommige bekeerlinge word vir lang tye deur hul families opgesluit en aangerand. Plaaslike Islamitiese onderwysers preek teen bekering, wat daartoe lei dat sommige bekeerlinge uit hul gemeenskappe verdryf word.
Ontmoet Jena en Relinda
“Jena en haar suster, Relinda, is ons susters in Christus en bly in ʼn klein dorpie. Sedert die mense uitgevind het dat hulle in Jesus glo, word hulle vervolg en dit hou nie op nie … mense in hul dorpie word verbied om met hulle te kommunikeer. Die mense in die dorpie dreig om hul huise af te brand.”
ʼn Plaaslike Geopende Deure-vennoot se terugvoer oor Jena en Relinda (name verander).
Wat doen Geopende Deure om te help?
Geopende Deure werk deur vennote om Christene in Afganistan te versterk. Ons kan nie besonderhede verskaf oor hoe ons hulle ondersteun nie, aangesien die situasie te gevaarlik is. Maar ons kan wel sê dat ons broers en susters ons gebede broodnodig het.
Bid asseblief
- Bid vir geloof en krag vir die Christene wat deur hul families, die regering en inwoners van die dorpe vervolg word.
- Bid vir die veiligheid van Christene wat uit hul huise moes vlug en dat hulle sal aanhou om in hul geloof te groei.
- Vra dat God die Kirgiese mense se harte teenoor Christene sal verander.