Skip to content
Streek Afrika
Christelike bevolking 100 566 000 (95.2%)
Meederheidsgeloof Christenskap
Vernaamste bedreigings • Islamitiese onderdrukking
• Georganiseerde korrupsie en misdaad

Totale telling

70%

Druk

64.5%

Geweld

96.5%

Onlangse nuus

Elke R150

wat maandeliks gegee word, kan aan die dringendste behoeftes van gelowiges wêreldwyd voldoen.

35Demokratiese Republiek van die Kongo

In die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), veral in die oostelike streek, staar Christene ernstige vervolging en geweld in die gesig, dikwels deur Islamitiese militante genaamd die Geallieerde Demokratiese Magte (ADF). Die ADF, wat aan die Islamitiese Staat-groepering gebonde is, ontvoer en vermoor Christene en val kerke aan. Dit lei tot wydverspreide terreur, onsekerheid en ontworteling.

Die M23-rebellegroep, wat glo deur Rwanda ondersteun word, teiken ook Christen-burgers, wat die situasie vererger. Bekeerlinge vanuit Islam en ander inheemse godsdienste ervaar druk van hul gesinne om na hul voormalige geloof terug te keer.

Katolieke kerkleiers wat hulle vir regverdige verkiesings uitspreek, loop die risiko van teistering. Hierdie mengsel van militante dreigemente, gesinsdruk en politieke inmenging skep ʼn gevaarlike en vreesaanjaende omgewing vir Christene in die Oos-Kongo.

Ontmoet Jerome

“Om kos te kry, is ons grootste probleem noudat ons ontwortel is, want ons het nie ʼn plek waar ons kan boer nie. Die situasie is baie sleg. As die lewe so aangaan, gaan dit baie moeilik wees om te leef.”

Jerome (naam verander), ʼn interne ontwortelde persoon (IDP) in die DRK.

Wat doen Geopende Deure om te help?

Geopende Deure werk deur plaaslike vennote om Christene in die DRK te ondersteun deur vervolgingsvoorbereidheidsopleiding, ekonomiese bemagtigingsprojekte en traumasorg.

Bid asseblief

  • Bid vir genesing, hoop en stabiliteit vir ontwortelde volgelinge van Jesus te midde van die geweld.
  • Bid dat die mense wat tot bekering kom in hul geloof sal groei en goeie dissipelskap sal ontvang.
  • Bid vir vrede en dat ekstremiste na die Here sal draai en ʼn Saulus-tot-Paulus-bekering sal beleef.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • This field is hidden when viewing the form
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek