• Christelike kerklike proteksionisme
• Georganiseerde korrupsie en misdaad
Onlangse nuus
6Eritrea
Die vervolgingslandskap in Eritrea is ingewikkeld. Die regering erken slegs die Eritrese Ortodokse Kerk (EOK), die Rooms-Katolieke en Lutherse Kerk, asook die Islam-geloof. Bekeerlinge vanuit die Islam-geloof of die Ortodokse kerk na Protestantisme loop die gevaar om baie sleg behandel te word deur hul families en gemeenskappe. Nie-tradisionele kerke word die onregverdigste behandel deur die regering en die EOK. Veiligheidsmagte voer al baie jare lank klopjagte van huis tot huis uit en honderde Christene is al so gearresteer.
Mense in Eritrea word daagliks streng dopgehou, met hul telefoonoproepe en Internet-gebruik wat voortdurend gemonitor word. Eritrea word dikwels die “Noord-Korea van Afrika” genoem weens die uiterste staatsbeheer.
Christene, veral dié in onerkende denominasies, kry die swaarste. Uiterste druk, staatsgesanksioneerde geweld en verpligte diensplig dwing sommige Christene om uit die land te vlug. Jong Christene word gedwing om vir ʼn onbepaalde tyd militêre diensplig te doen sonder die reg op gewetensbeswaar.
Ontmoet Paulos
“Ons vrees die hele tyd wie volgende gearresteer gaan word. Gaan dit nog ʼn broer in Christus wees? Gaan dit ek wees? Maar ons moet aanhou om die pad saam met God te stap.”
Paulos (nie sy regte naam nie) is ʼn gelowige in Eritrea.
Wat doen Geopende Deure om te help?
Geopende Deure werk deur plaaslike kerkvennote in Eritrea om ekonomiese bemagtigingsprojekte, dissipelskap- en vervolgingsvoorbereidheidsopleiding te verskaf.
Bid asseblief
- Bid dat gelowige gevangenes, en ander soos hulle, vrygelaat sal word en dat daar vir hul families voorsien sal word.
- Bid vir beskerming en leiding vir die gelowiges wat gedwing word om militêre diensplig te verrig.
- Bid dat die gelowige gevangenes in een van die wêreld se berugste gevangenisnetwerke nie hul hoop sal verloor nie.