• Kommunistiese en post-kommunistiese onderdrukking
Onlangse nuus
26Kuba
Kuba word sedert 1959 deur die Kommunistiese Party regeer, wat probeer om die Kerk te beheer. Die regering reageer hardhandig teenoor enigiemand wat dit teenstaan. Kerkleiers en Christelike aktiviste wat die regering kritiseer, kan ondervraging, arrestasie en tronkstraf in die gesig staar. Hulle ly ook onder smeerveldtogte, reisbeperkings en teistering, wat fisieke geweld en skade aan kerkgeboue kan insluit.
Hierdie leiers se familielede moet ook dreigemente trotseer, soos byvoorbeeld dat hulle toesig oor hul kinders kan verloor. Die regering weier dikwels om nuwe kerke te registreer, wat hulle dwing om onwettig te funksioneer. Hierdie kerke is kwesbaar vir boetes, beslaglegging op eiendom en selfs sloping.
Ontmoet Angela
“Wanneer ek op die lughawe is, is ek bang om ondervra te word. ʼn Vriend van my is ondervra net omdat hy van ʼn nuusartikel gehou het. Ek dank God dat ek versigtig kon wees.”
Angela, ʼn Christen in Kuba.
Wat doen Geopende Deure om te help?
Geopende Deure se plaaslike vennote versterk die vervolgde Kerk in Kuba deur Bybelverspreiding, projekte wat mense help om ʼn lewensbestaan te maak, Bybelse opleiding, leierskapontwikkelings-projekte, versorging en ondersteuning vir kinders en pastore se gesinne, asook sosio-ekonomiese ontwikkeling.
Bid asseblief
- Bid vir krag en wysheid vir kerkleiers wat moontlike toesig en misbruik deur staatsowerhede in die gesig staar.
- Bid dat alle kerke, ongeag of hulle geregistreerd of ongeregistreerd is, toegelaat sal word om oop te bly.
- Bid vir krag en bemoediging vir Kubaanse gelowiges terwyl hulle te midde van druk die pad saam met God aanpak.