• Godsdienstige nasionalisme
• Etnies-godsdienstige vyandigheid
Onlangse nuus
Leef deur alles te verloor
Vyf maniere om vir Mianmar te bid
13Mianmar
Mianmar staar ʼn vyfde jaar van toenemende gewelddadige konflik in die gesig en oplossings, of selfs net ʼn wapenstilstand, is nêrens in sig nie. Hierdie geweld het verwoestende gevolge vir die land se Christen-minderheid, wat dikwels die swaarste onder die aanvalle gebuk gaan.
Sedert die militêre staatsgreep in Februarie 2021, staar Christene groeiende geweld en strenger beperkings in die gesig. Gelowiges word doodgemaak en kerke word onoordeelkundig aangeval. Dit sluit dié in oorwegend Christelike state in.
Meer Christene as ooit word uit hul huise verdryf en vind skuiling in kerke of vlugtelingkampe. Sommige word selfs gedwing om na die oerwoud te vlug, waar hulle dikwels geen toegang tot kos en gesondheidsorg het nie. Regeringsmagte het voortgegaan om Christelike dorpe en kerke voor die voet aan te val. Hulle het ook Christelike hulpverleners en pastore doodgemaak, dikwels in lugaanvalle.
Buiten die konflik, vind bekeerlinge tot die Christendom dat hulle vervolg word deur hul Boeddhistiese, Moslem- of stamfamilies en -gemeenskappe omdat hulle hul vorige geloof verlaat het. Nie-tradisionele kerkgroepe ervaar ook teenstand, veral dié wat in landelike gebiede geleë is en dié wat bekend is vir hul evangelisasie-aktiwiteite.
Ontmoet Tun Maun
“Wanneer dit skemer word, roep ons almal in die huis in. Ons sluit ons deure en vensters, steek ons lampe en kerse aan en bly so stil as wat ons kan.”
Tun Maun (naam verander) is ʼn gelowige in Mianmar.
Wat doen Geopende Deure om te help?
Geopende Deure werk deur plaaslike vennote om vervolgde gelowiges in Mianmar te versterk deur literatuurverspreiding, dissipelskapprogramme, lewensbestaanondersteuning en kinder-, jeug- en familiebedienings.
Bid asseblief
- Bid dat God Christene in staat sal stel om die voortdurende langtermyngevolge van die staatsgreep te verduur.
- Bid dat Christene wat in die konflik tussen die regerende militêre faksie en rebellegroepe vasgevang is, vredemakers sal wees.
- Bid dat die leiers van Mianmar se weermag sal besef dat Jesus die ware Bron van vrede en vreugde is.