• Kommunistiese en post-kommunistiese onderdrukking
Onlangse nuus
30Nicaragua
Vyandigheid jeens Christene in Nicaragua neem steeds toe. Diegene wat hulle teen president Ortega en sy regering uitspreek, word beskou as agente wat die land wil destabiliseer. Veranderings aan die wet die afgelope paar jaar beteken dat kerkleiers nou as terroriste en staatsgreepbeplanners gebrandmerk word.
Die situasie het sedert 2018, toe wydverspreide betogings teen die land se diktatoriale regering uitgebreek het, aansienlik versleg. Vergelding duur jare later steeds voort teen diegene wat vermoedelik die regering teengestaan het, selfs teen diegene wat bloot skuiling en mediese bystand tydens die betogings verskaf het.
Christene was onder die mense wat hul stemme laat hoor het, maar dit kom teen ʼn baie hoë prys. Christen-leiers is geteister en gearresteer. Daar is beslag gelê op eiendomme wat aan Christene behoort. Christelike skole, televisiestasies en liefdadigheidsorganisasies is gesluit, en kerke is gemonitor en geïntimideer.
Hierdie druk het veroorsaak dat baie Christene, veral kerkleiers, gedwing is om uit die land te vlug. Talle gelowiges is verban en van hulle burgerskap gestroop. Dié wat oorgebly het, is aan immigrasiebeperkings onderwerp en vind dit al hoe moeiliker om vrylik in die land rond te beweeg.
Christene het steeds ʼn invloed in Nicaragua en dit is een van die redes waarom die regering hulle teiken. Hulle probeer nie net om om die Kerk stil te maak nie, maar ook om hul geloofwaardigheid te ondermyn en te verhoed dat hulle hul boodskap versprei.
Ontmoet María
“Hierdie jaar het hulle weer die wettige status van my kerk ontken, maar ongeag of dit goedgekeur is of nie, ons gaan voort om die Woord van God te verkondig.”
María (naam verander) ʼn gelowige in Nicaragua.
Wat doen Geopende Deure om te help?
Geopende Deure versterk die vervolgde Kerk in Nicaragua deur Christelike literatuur, dissipelskapopleiding, noodlenigingshulp, regsadvies en onderwys te verskaf aan pastore wat nie hul studies voltooi het nie.
Bid asseblief
- Bid vir God se beskerming vir kerkleiers wat hulle moedig teen die regering se onregte uitspreek.
- Bid dat Geopende Deure se vervolgingsvoorbereidheid-opleiding en dissipelskapseminare gelowiges sal help om as sout en lig te leef.
- Bid dat gelowiges wat deur die regering gemonitor word nie daarvan afgeskrik sal word om die Evangelie te deel nie.