Skip to content
Streek Asië
Christelike bevolking 62 600 (0.6%)
Meederheidsgeloof Islam
Vernaamste bedreigings • Diktatoriale paranoia
• Islamitiese onderdrukking
• Stamonderdrukking

Totale telling

68%

Druk

79.7%

Geweld

11%

Onlangse nuus

Elke R150

wat maandeliks gegee word, kan aan die dringendste behoeftes van gelowiges wêreldwyd voldoen.

39Tadjikistan

Tadjikistan was vroeër ʼn Sowjetstaat. Alhoewel godsdiensvryheid amptelik verklaar is, is dit nie die realiteit nie. Die staat stel steeds beperkings op godsdienstige byeenkomste en aktiwiteite in – hoofsaaklik om Islamitiese ekstremisme te beperk. Al die reëls en monitering raak egter ook die Christene en veroorsaak dat die staat al meer versigtig en vyandig raak teenoor hulle.

Daar is baie dinge in die lewe van ʼn Christen in Tadjikistan wat sonder ʼn permit onwettig is, insluitende om ʼn godsdienstige byeenkoms te hou of om godsdienstige literatuur te druk. Gelowiges jonger as 18 jaar oud mag nie kerkdienste bywoon nie en Christene mag nie hul geloof met ander deel nie.

Die owerhede het die afgelope jare toenemend op kerklike byeenkomste toegeslaan, met kerklidmate wat ure aaneen ondervra is en onder druk geplaas is om inligting oor ander gelowiges te deel. Hulle kan verder ook aangehou, beboet of tronkstraf opgelê word. Gevolglik het die risiko van vervolging baie Christene daartoe gedryf om ondergronds bymekaar te kom.

Daar is baie streng wetgewing oor godsdienstige opleiding en daarom is dit ʼn uitdaging om kerkleiers op te lei. Die meerderheid van die land se inwoners is Moslems en gelowiges wat uit hierdie agtergrond kom, staar verwerping, vernedering en moontlike geweld deur hul families en gemeenskappe in die gesig.

Ontmoet Khasam

“Ons is vir twee weke lank elke dag deur die staat se intelligensiediens ingeroep. Hulle het ons gedreig, probeer afskrik en beledig. Ek dank God egter dat ons oor ons geloof in Jesus Christus kon getuig  … Ons moet vir die mense wat ons onderdruk bid sodat hulle ook die waarheid kan leer ken.”

Khasam (naam verander).

Wat doen Geopende Deure om te help?

Geopende Deure versterk vervolgde Christene in Sentraal-Asië met die verskaffing van Bybels en Christelike literatuur, Bybelse en beroepsopleiding, sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte en kinder-, jeug- en vrouebedienings.

Bid asseblief

  • Bid dat die gelowiges saam met mekaar sal kan aanbid sonder vrees om dopgehou te word of om op toegeslaan te word.
  • Bid dat regeringsamptenare se harte sal verander sodat hulle sal ophou om inbreuk op mense se godsdiensvryheid te maak.
  • Bid vir die beskerming van evangeliste en Christen-werkers wat God se Woord en ander Christelike hulpmiddels deel.

Teken in om jou weeklikse Gebedsflitse te ontvang

  • This field is hidden when viewing the form
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek