• Diktatoriale paranoia
• Georganiseerde korrupsie en misdaad
• Stamonderdrukking
Onlangse nuus
49Tsjad
Tsjad staar geweldige uitdagings in die gesig as gevolg van die nabygeleë lande se stryd met radikale jihadistiese groepe. Hierdie groepe kom selfs soms binne Tsjad se grense voor. Boko Haram en ander ekstremistiese groepe is aan die werk in Tsjad, en die ontwortelingskrisis in die lande rondom Tsjad (veral Soedan) dra tot die onstabiliteit by. Om in so ʼn omgewing ʼn Christen te wees, is ʼn geweldige risiko, veral in landelike gebiede, waar vrees gelowiges dikwels verhoed om kerk toe te gaan.
In streke wat deur Islam gedomineer word, is individue wat tot Christenskap bekeer veral kwesbaar. Hierdie bekeerlinge word dikwels gedwing om hul geloof in die geheim te beoefen om gewelddadige reaksies van hul families of gemeenskappe te vermy. Alhoewel Tsjad se grondwet godsdiensvryheid beloof, is dit moeilik om mense wettiglik te bekeer en kerke te registreer.
Ontmoet Malloum
“My oom het my klere bymekaar gemaak, dit in die vullisdrom gegooi en my gevra om sy huis te verlaat. Ek het nêrens gehad om heen te gaan nie. Ek het by hom gepleit om te bly, maar hy het ʼn groot stok gevat en my uit sy erf gejaag.”
Malloum (naam verander), ʼn bekeerling vanuit Islam in Tsjad, wat vir ʼn rukkie by sy Moslem-oom gebly het nadat hy tot Christenskap bekeer is.
Wat doen Geopende Deure om te help?
Geopende Deure werk deur die plaaslike Kerk in Chad om belangrike hulpbronne te verskaf, soos vervolgingsvoorbereidheid-opleiding, dissipelskap, ekonomiese bemagtiging en bystand aan nuwe gelowiges.
Bid asseblief
- Vra God om die Christene wat in gebiede bly waar hulle kwesbaar is vir aanvalle deur Islamitiese militantegroepe, te beskerm.
- Bid dat God se teenwoordigheid die Christene in Tsjad sal bemoedig, veral die bekeerlinge vanuit Islam.
- Vra God om die vlugtelinge te help en sy volgelinge toe te rus om die ontworteldes en armes te dien.