• Stamonderdrukking
Onlangse nuus
44Viëtnam
In die meer afgeleë gebiede van Viëtnam volg inwoners van dorpe tradisionele etnies-animistiese gelowe. Enigiemand wat vanuit hierdie agtergrond ʼn Christen word, beleef hewige vervolging. Gelowiges se huise kan vernietig word en hulle kan uit die gemeenskap verban word.
Plaaslike owerhede slaan toe op Christelike byeenkomste, evangelisasie of Bybelonderrig. Hulle kan kerkdienste onderbreek en kerkleiers aanhou. Kerkleiers word gedreig, beboet, soms tronk toe gestuur en beveel om nie meer oor Jesus te praat nie. Hulle is veral agterdogtig teenoor Christene van etniese minderheidsgroepe soos die Hmong. Brawe Hmong Bybel-onderwysers reis ondanks die vervolging baie kilometers per motorfiets na afgeleë gebiede om gelowiges in geheime Bybelskole op te lei.
Die historiese Rooms-Katolieke kerke geniet meer vryheid as ander denominasies en groepe, maar kan steeds inmenging deur die staat ervaar. Hierdie Christene sal waarskynlik steeds gevange geneem word as hulle hulself oor politieke kwessies uitspreek, soos dit die geval met alle Viëtnamese mense is.
Ontmoet vir Vahn
“Die dorpenaars en die plaaslike owerhede het gekom en ons aangerand. Een van die amptenare het my met ʼn skokstok geskok. Maar omdat God my liefhet, sal ek ander liefhê. Ek haat nie diegene wat my vervolg nie – ek bid vir hulle en ek is lief vir hulle.”
Vahn (naam verander), ʼn ongeletterde man wat ʼn kerkleier in Viëtnam geword het.
Wat doen Geopende Deure om te help?
Geopende Deure werk deur plaaslike vennote om vervolgde gelowiges in Viëtnam te versterk deur die verskaffing van noodleniging en praktiese hulp, ondersteuning met voorspraak, Christelike hulpbronne, leierskap- en dissipelskapopleiding en sosio-ekonomiese ontwikkelingsprojekte.
Bid asseblief
- Vra God om Christene te troos wat weens hul geloof onderdruk, mishandel en aangeval word.
- Bid vir seëninge vir ons Geopende Deure-vennote terwyl hulle help met Bybelverspreiding, leierskapopleiding en meer.
- Bid dat die gelowiges in ongeregistreerde kerke Jesus sonder hindernisse sal kan volg.