Skip to content

Challenge 1000

Het jy vir die Comrades-marathon ingeskryf?

Maak ʼn verskil en doen jou wedren/wedloop vir ʼn goeie doel.

Elke dag word miljoene Christene regoor die wêreld vervolg as gevolg van hulle geloof in Jesus. Tog bly hulle standvastig en beur voort ondanks die uitdagings wat voor hul lê. Nou kan jy saam met hulle staan!

Neem deel aan Challenge 1000 – die doelwit is om R1 000 (of meer) in te samel terwyl jy hardloop of fietsry in een van Suid-Afrika se ikoniese sportgeleenthede. Jou ondersteuning sal noodsaaklike hulp, aanmoediging en hulpbronne aan vervolgde gelowiges verskaf, wat hulle help om hul geloofsreis voort te sit in van die gevaarlikste plekke om ʼn Christen te wees.

Jou poging kan dus help om in die behoeftes van jou vervolgde familie te voorsien.

Hoe jy betrokke kan raak

  • Skryf in vir die Comrades-marathon.
  • Indien jy nie ʼn inskrywing kan kry nie, doen enige ander wedren/wedloop van jou keuse.
  • Verbind jouself daartoe om R1 000 vir vervolgde Christene in te samel.
  • Nooi vriende en familie om jou poging te ondersteun.

Vir meer inligting kontak Thys by 084 553 2335 of [email protected]

Sluit vandag by Challenge 1000 aan en ry/hardloop met ʼn doel!

Verwante veldtogte en gebeure

Gebeure

Vervolgingsondag

Sien meer
Back To Top
Soek